waze_LG

Laat jou iPhone jou lei met Waze

As jy ‘n iPhone besit, is daar geen rede vir jou om nie die ongelooflike navigasie-toepassing Waze te gebruik nie.

Behalwe dat Waze soos ‘n Garmin- of TomTom-navigasiestelsel werk, gebruik dit wenke van mede-gebruikers om data te versamel en jou dan so in te lig oor moontlike probleme op jou roete.

Sodra jy jou bestemming in die toepassing insleutel, word jou roete, insluitend moontlike probleme, vir jou uitgewerk en so kan jy sien of jy dalk eerder ‘n ander roete moet volg.  Die toepassing is gratis in Apple se iTunes-winkel beskikbaar.

Wanneer jy die toepassing oopmaak, lyk hy so:

 

Hier kan jy ‘n moontlike verskeersknoop aanteken deur net op die prentjie te druk en binne sekondes sal ander gebruikers kan sien wat jy aangeteken het.

Waarom beveel ek dié toepassing aan?

  • Dit is gratis.
  • Jy sal nooit weer verdwaal nie.
  • Jy kan sien wat wag op die roete op jou nog voordat jy in die kar klim.
  • Ander gebruikers lig jou in oor moontlike probleme op jou pad.
  • Dit is baie gebruikersvriendelik.

 

About these ads

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s