confused_twitter_bird

Hoekom gebruik mense Twitter?

Twitter is sowat vyf jaar gelede ingestel – oorspronklik as ’n boodskapdiens vir ’n private maatskappy en dus nie as ’n sosiale platform nie.

Vandag is Twitter – met meer as 200 miljoen gebruikers en 1.6 miljard twiets per dag – een van die sterktste kommunikasiemediums ter wêreld.

Baie mense is nog onkundig oor en verstaan Twitter se doel verkeerd. Vrae soos: “Hoekom moet ek dit gebruik?” en “Waaroor gaan dit?” duik gereeld op.

Jeff Bullas van www.jeffbullas.com het dié baie interessante grafika na aanleiding van ’n onlangse opname saamgestel.

About these ads

3 comments on “Hoekom gebruik mense Twitter?

  1. Ek bieg, ek kom seker uit ‘n grot of iets, maar het eers die jaar begin tweet, en sukkel nou nog, omdat ek dit onpersoonlik vind. But then again, ek vind facebook ook onpersoonlik? Ek verstaan die rede daarvoor,sharing, branding, maar wat van die gewone ou? (kan amper scifi movies begin maak oor twitter/facebook wat die wêreld oorneem?) Waarvoor gebruik jy dit? Convince my, toe?

    • Ek dink dit hang af wat jy het om te sê Loli. Ek is ‘n joernalis, so iets soos Twitter is vir my fantasties en net wat ek nodig het. As jy iemand is wat baie goed het om te sê, oulike goedjies wil deel met die wereld, dan is Twitter vir jou. Ek hou ook daarvan om te sien wat ander mense twiet. Veral celebs, ander koerante en natuurlik verkeersprobleme!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s