Blog my hier, blog my daar…

Om te blog… ‘n Werkwoord wat die gemiddelde Suid-Afrikaner tien jaar terug nooit sou gebruik het nie, maar nou word die lees en skryf van blogs deel van ‘n mens se daaglikse lewe.  Tegnologie wat jy saam met jou kan vat soos ‘n lipstiffie of sakdoek, maak dit moontlik om enige tyd van die dag (of nag) blogs te lees .

WordPress is een van die gewildste blog-verskaffers.  As jy ‘n e-pos adres het, is dit ‘n paar stappe en jy is ‘n skrywer van die kuberruim.  Volgens WordPress se syfers is daar tans 358 miljoen mense wat sowat 71 miljoen WordPress-blogs elke maand lees.

Alhoewel Engels die gewildste taal op WordPress is, bestaan daar wel ‘n hele paar Afrikaanse blogs wat groot volumes internet-verkeer aantrek.  Van die gewildste Afrikaanse blogs is: Phillip Se Spoeg Blog, Kouevuur, Goed Wat Vir My Mooi Is en Boer in Ballingskap.  Onderwerpe strek van musiek, tot politiek, digkuns en oorspronklike stories.

‘n Paar interessante feite oor WordPress:

  • WordPress word vir die eerste keer op 27 Mei 2003 gebruik.
  • Daar is 2.5 biljoen bladsye wat deur WordPress geskep is.
  • Op ‘n gemiddelde dag word 500 000 nuwe artikels op WordPress gepubliseer
  • WordPress blogs word in 120 tale geskryf waarvan 66% Engels is.

Elke mens op aarde het ‘n storie om te vertel, soms met ‘n naam by en soms anoniem – waarom dan nie sommer alles op ‘n blog, in Afrikaans skryf nie?

WordPress kan gratis geaktiveer word by www.wordpress.com

Advertisements

8 comments on “Blog my hier, blog my daar…

  1. Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag ook net my stories van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. .

    • Hi Malome Safari Lodge. Welkom hier op my blad. Ek sal nou en dan goedjies opsit wat dinge dalk vir jou sal makliker maak. Ek sal enige tyd help, so laat weet as daar iets is.

  2. Eish, ek is skaam om te erken ek is een van dies wat LAAS jaar eers oor die wonderding ‘blog’ gestumble het…en het gevoel..’What have I been missing? What planet have I been living on…seker daar in die oerwoud saam Eva se ages….ek skryf nog met potlood!!!!!”
    Ek sou graag jou artikel wou deel of te wel die stats, weet nie eers hoe om dit te doen nie…. TIPS, pretty please!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s