Watter kamera is die regte kamera?

Fotografie is iets waaraan ons almal blootgestel word, of jy nou daarvan hou of nie.  Met selfone wat nou beter foto’s kan neem as van die mik-en-druk-kamera’s wat te koop, is dit baie maklik om jouself ‘n fotograaf te noem.  Daar is wel kamera’s op die mark, wat gemaak is vir diegene wat daaraan dink om die wêreld van fotografie met ‘n ordentlike kamera binne te tree en ek het ‘n paar van die kamera’s gaan uitsnuffel.  Alhoewel ek ‘n groot liefhebber van Canon is, is Nikon net so goed – en dit is maar soos om te besluit tussen ‘n Mercedes en ‘n Lexus – altwee is fantasties, maar jy verkies net die een bo die ander.

Ek is self ‘n fotograaf en stap gewoonlik rond met my Canon kamera’s om my nek (die ou 400D en die 50D) – met die 5D op my lysie aan Kersvader die jaar.  Iemand het my so ‘n rukkie gelede gevra watter kamera die beste is vir iemand wat wil begin foto’s neem, en as jy so R7000 het om te spandeer is my eerste antwoord, die Canon 600D.

Die Canon 600D is die nuutste kamera in die Canon-familie met die 600D wat 17 Februarie 2011 bekendgestel is.

Die volle spesifikasies op Canon se webwerf is:

  • 18 Megapixel APS-C CMOS sensor
  • DIGIC 4 processor with ISO 100-6400 (Expansion to 12800)
  • Fully articulated 7.7cm (3.0”) 3:2 Clear View LCD with 1,040k dots
  • Full HD movie recording with manual control and selectable frame rates
  • Digital zoom in movie mode (3x – 10x)
  • New ‘Scene Intelligent Auto’ exposure mode (replacing full auto)
  • ‘Basic+’ and ‘Creative Filters’
  • Integrated wireless flash control
  • ‘Video Snapshot’ mode for the creation of multi-take movies

Dit is ‘n wonderlike, ligte kamera vir enige persoon om te gebruik.  Of jy net wil begin foto’s neem van jou nuwe baba, troeteldier of motorfiets en of jy dalk wil begin foto’s neem vir geld.  Die kamera is goed genoeg vir enige taak en met die HD video-opsie, kan ‘n mens sommer die kamera nader hark in plaas van nog ‘n video-kamera ook.

My punte-toekenning vir die kamera: 4 uit 5 (bloot net omdat ek nog die 5D op my kerslysie het).  Gaan loer gerus na van my foto’s by www.li3zel.com.

Advertisements

5 comments on “Watter kamera is die regte kamera?

    • Hallo Brennan. My onmiddelike antwoord is, bly by die 550D. Daar is geen groot verskil tussen die 550D en 600D nie. Die grootste verskil is die 600D se ‘viewfinder’ wat kan uitdruk en ronddraai en dan is daar ‘n paar ‘creative filters’ wat jy op die kamera self kan gebruik. Teen amper R7000 vir die 600D, sal ek eerder bly by die 550D – as jy meer geld wil uitgee, koop eerder die 40D of 50D, dit kan wel nie video opneem nie, maar vir fotografie is dit baie beter as die 550D en 600D. Kyk gerus hier: http://bit.ly/wIUZel

  1. Ek is ‘n amateur, maar my mentor het aanbeveel dat ek die verskillende kameras ter hand moet neem en dan besluit wat ek wil koop. Ek het gevind dat die Nikon beslis ligter is as die Canon. Ek is ook nie ‘n oomblik spyt oor my koop nie en hou my asem op vir die nuwe Nikon wat binnekort op die mark kom.

    • Hi daar. Daar is niks fout met ‘n Nikon nie en dit is bloot net wat jy verkies – soos ‘n man wat kies tussen ‘n Audi en ‘n BMW, albei motors is ewe goed. Lekker foto’s neem! Het jy ‘n blog of website?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s