Tweet-Tweet

“Weet jy wat het ek op Twitter gelees?”…. Dit is ‘n sin wat ‘n mens meer as een keer sal hoor wanneer jy deur ‘n besige inkopiesentrum stap.  Twitter is al deel van ons almal se lewens.  Sommiges skryf, ander lees net, ander hoor net wat ander gelees het, maar tot my 56-jarige pa weet wat Twitter is.  Hoekom tweet mense? Hoekom lees mense die tweets? Ons is van nature nuuskierig, of ons nou dit wil erken of nie…. En as ‘n mens na Twitter se syfers kyk, kan ‘n mens sien daar is baie mense wat baie het om te sê en daar is baie mense wat bereid is om te luister wat hulle sê.

Hier is ‘n paar interessante feite oor Twitter:

  • Twitter begin op 15 Julie 2006
  • Die stigters van Twitter is: Jack Dorsey, Noah Glass, Evan Williams en Biz Stone
  • Daar werk meer as 600 mense vir Twitter
  • Hulle het ‘n omset van meer as $140 miljoen
  • Daar is reeds meer as 500 miljoen mense wat Twitter gebruik
  • Twitter se naam was eers Twttr (sonder die i en e)
  • Daar is meer as 200 000 tweets elke dag wat deur Twitter uitgestuur word
  • Om te ‘tweet’ – beteken jy skryf iets op Twitter en stuur dit uit (dit is ‘n boodskap van 140 karakters of minder)
  • Tweet is ‘n werkwoord
  • Die ‘#’ teken saam met ‘n tweet beklemtoon die onderwerp van die tweet
  • Twitter is verban in China, sedert Junie 2009
  • Die eerste tweet wat uit die ruimte gestuur is was deur die ruimtevaarder, TJ Creamer van NASA op 22 Januarie 2010.
  • Jy kan Beeld volg by @Beeld_Nuus

Die gewildste internasionale persoonlikhede op Twitter is:

  • Lady Gaga (@ladygaga) – 20,080,934
  • Justin Bieber (@justinbieber – 18,094,839
  • Katy Perry (@katyperry) – 15,732,686
  • Shakira (@shakira) – 14,550,272
  • Rihanna (@rihanna) – 14,462,228
  • Kim Kardashian (@KimKardashian) – 13,617,551
  • Britney Spears (@britneyspears) – 13,592,052
  • Barack Obama (@BarackObama) – 12,833,241
  • Taylor Swift (@taylorswift13) – 11,462,051
  • Selena Gomez (@selenagomez) – 10,722,187

Die gewildste Suid-Afrikaanse persoonlikhede op Twitter is:

  • Trevor Noah (@Trevornoah) – 302,862
  • Gareth Cliff (@GarethCliff) – 244,310
  • Graeme Smith (@GraemeSmith49) – 169,988
  • DJ Fresh (@DJFreshSA) – 176,765
  • AB de Villiers (@abdevilliers17) – 159,114
  • Julius Malema (@Julius_S_Malema) – 144,438
  • Dineo Ranaka (@dineoranaka) – 109,962
  • 5FM (@5FM) 105,655
  • PigSpotter (@PigSpotter) – 104,438
  • Dale Steyn (@DaleSteyn62) – 93,674

So trek vir jou ook ‘n paar blou vlerkies aan en begin tweet! Volg sommer dadelik @Beeld_Nuus!

Advertisements

2 comments on “Tweet-Tweet

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s