Hoekom ‘n iPhone?

Selfone is so deel van ons lewens soos asemhaal, eet, verkeer en rekenaars en omdat ‘n mens so baie tyd op jou selfoon spandeer, moet jy gelukkig wees met die foon wat amper ‘n verlenging van jou hand is.  Die groot rolspelers in die selfoon-wêreld is: Apple se iPhone, Nokia, Blackberry en Samsung, maar die iPhone en Blackberry is sekerlik die gewildste selfone tans op die Suid-Afrikaanse en wêreld-mark.

Ek self het die eerste generasie iPhone gehad net toe hy uitgekom het, toe die iPhone 3GS, toe die iPhone 4 en nou stap ek rond met my pragtige wit iPhone 4S…. So ja, ek is ‘n iPhone en Apple verslaafde.  In my kantoor is ek wel twee van omrent 20 want nie ‘n Blackberry het nie, so daar moet tog elemente van ‘n Blackberry wees wat gebruikers oorreed om eerder die Blackberry afrit van die selfoon-snelweg te neem, ek sukkel wel nog om dit te verstaan…

Hoekom is ‘n iPhone so fantasties?

Behalwe vir die moderne ontwerp van die iPhone (wat nou ook in wit beskikbaar is) – het die iPhone voordele bo enige ander selfoon.

  • Ek is ‘n fotograaf wat nie ‘n dag kan laat verbygaan sonder om ‘n foto te neem nie en met my iPhone in my broeksak, weet ek dit sal nooit gebeur nie.
  • Die iTunes-winkel spog met duisende programme (sommiges gratis) en die programme is alreeds meer as 25 biljoen keer afgelaai.
  • Jy kan enige programmetjies koop vir jou iPhone en van my gunsteling programme is: Instagram, Camera+, Facebook, Pop Camera, Pinterest, Angry Birds, Snapseed, iMovie, Pages en Keynote.
  • Daar is letterlik ‘n program vir enige iets waaraan jy kan dink.  ‘n Almanak om jou swangerskap te beplan, resepteboeke, reisjoernale en speletjies wat die kinders vir ure sal besig hou.
  • As jy lief is vir lees kan jy die Kindle program aflaai, of selfs Kalahari.com se programmetjie en sommer die ongelooflike Piet Byleveld boek koop en lees.
  • Die iPhone se battery hou ongeveer 18 ure as jy hom baie gebruik, so ek laai myne elke aand voordat ek aan die slaap raak.
  • Met ‘n 16GB, 32GB en 64GB het jy meer as genoeg plek vir jou hele musiek-versameling en as jou motor ‘n AUX het, kan jy sommer jou iPhone daar indruk en net so na al jou iPhone se musiek luister.
  • Ja die iPhone het nie knoppies soos ‘n Blackberry nie, maar na omtrent drie weke is jy so gewoond aan die skerm, jy sal nooit eers die knoppies mis nie.
  • Nog een van my gunsteling programme is die TomTom.  Dit beteken ek het altyd maar altyd ‘n navigasie-stelsel by my, of ek nou met my eie motor ry en of ek vinnig in die kar saam met ‘n mede-verslaggewer moet spring en jaag na ‘n toneel toe – ek weet ons sal altyd by ons bestemming uitkom.
  • Ek was jare lank ‘n kameraoperateur by DStv en M-net en moes duisende kilometers reis en loop met ‘n swaar kamera en driepoot op my rug, maar met die iPhone 4S se ongelooflike skerp video-kwaliteit het ek glad nie meer daardie swaar kamera nodig nie.  Die iPhone 4S skiet video in hoë-definisie en dit is ook die foon wat ons gebruik om al ons Beeld-video’s te skiet.

Die iPhone is maar net ‘n ongelooflike stukkie tegnologie en in my huishouding het elkeen ‘n iPhone.  My pa (58), my ma (54), my boetie (26) en ek (30) – verskillende generasies wat almal saam dieselfde stukkie tegnologie wil en kan gebruik.  Al sukkel jy soms met jou televisie se afstandsbeheerder of jou Nokia 3310, die iPhone is een van die mees eenvoudigste ‘gadgets’ wat jy ooit sal gebruik!

Advertisements

6 comments on “Hoekom ‘n iPhone?

  1. LOL Son, ek sit nou juis en dink, as ek upgrade Julie gaan ek vir my ‘n wit iPhone kry, dan volgende ‘n iPad, en dan saam my Macbook sal die prentjie volledig wees…. en dan kan ek maar die witbessie ook byderhand hou 🙂

    • Hi Toortsie. Die Kindle app op iPhone en iPad is fantasties, daar is regtig niks daarmee fout nie en dit werk heerlik. Die iPhone se skerm is wel baie kleiner as ‘n E-reader se skerm, so ek dink nie dit gaan so fantasties lekker boek-lees nie. Maar die iPhone is net soooo fantasties. Ek is ‘n fotograaf en neem elke dag foto’s daarmee. Gaan lees bietjie my post oor die Olloclip ook – dit is regtig fantasties.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s