iPad Kuns

Ek onthou die dag toe die iPad wêreldwyd bekendgemaak is asof dit gister was.  Ek onthou hoe ek met lang oë gekyk het na die ongelooflike stukkie tegnologie en net gedroom het om eendag een te kan hê, maar op daardie stadium was dit slegs beskikbaar as jy een laat invoer van die VSA teen ongeveer R12000 – R18 000, geld wat ek nou nie juis gehad het nie.  Net ‘n paar maande later is ek toe in Londen en kon ek ook die trotse eienaar van ‘n iPad word teen sowat R5000.  Behalwe vir skryf en lees wat ek graag op my iPad doen, is daar nog ‘n afdeling wat my mond laat oophang het.

Vir ‘n kunstenaar is ‘n iPad ‘n skoon skilderdoek wat net wag om op geverf te word.  Met ongelooflike programme wat te koop is in Apple se iTunes Store, kan jy verfkwaste, potlode, penne en pastelle gebruik, soveel as wat jou hart begeer en jy hoef nooit bekommerd te wees oor mors nie. Ek is ook ‘n skilder en dit is ongelooflik hoe realisties die programme op die iPad is.  Dit voel asof jy regtig met verf en kwaste werk en as jy ‘n fout maak, kan jy net die terug-knoppie druk en alles is weer soos jy dit wou hê.  Van my gunsteling programme om mee te verf is:  Sketchbook Pro, ArtRage en LineArt.  Vir die Jackson Pollock aanhangers is daar ‘n program wat jou toelaat om jou eie Jackson Pollock – verfstuk te maak.

Die iPad verskuif grense en laat mense toe om strate van kreatiwiteit te verken sonder enige moeite.

Hier is net ‘n paar kunswerke wat op die iPad geskep is:

 

Hier is ‘n video van die bekende skilder David Kassan wat die iPad gebruik om te skilder.

4 comments on “iPad Kuns

Lewer kommentaar op Son Kanselleer antwoord