YouTube.. Wat is jou storie?

Daar is niks lekkerder as om op die bank te lê of agter jou rekenaar te sit en na YouTube-video’s te kyk nie.  Die snaaksste van die snaaksstes, die beste van die bestes, hondjies wat kindertjies lek, bome wat op bakkies val, babatjies wat giggel en natuurlik die baie gewilde musiekvideo’s.

Maar waar kom YouTube vandaan? Ons almal weet dit het die wêreld van video op die internet verander, maar wat presies is die geskiedenis daarvan?  Ek het ’n bietjie gaan krap en op ’n paar interessante feite afgekom:

14 Februarie 2005
PayPal se Chad Hurley, Steve Chen en Jawed Karim begin werk aan ’n webwerf waar mens kan stem of jy van ’n video hou of nie.  Die volgende dag registreer hulle youtube.com.

23 April 2005
“Me at the Zoo” — ’n 19 sekonde-video waarin Jawed Karim voor ’n paar olifante by die San Diego-dieretuin staan, is die heel eerste video wat op Youtube gelaai is.

21 Oktober 2005
Nike is die eerste groot maatskappy wat die krag en mag van YouTube besef en gebruik vir ’n advertensie, een waarin die sokkerheld Ronaldinho die Samba dans met sy sokkerbal.

15 Desember 2005
YouTube debuteer amptelik en twee dae later wys die Amerikaanse geselsprogram Saturday Night Live die YouTube-kortfilm, Lazy Sunday.  Die kortfilm word 2 miljoen keer in een week gekyk.

9 Oktober 2006
Google koop YouTube vir $1.65 miljard.

11 April 2009
Susan Boyle word ’n wêreldbekende ster ná haar oudisie in die Britse televisiereeks Britian’s Got Talent.  Daar word binne dae 80 miljoen keer na haar eerste oudisie-video gekyk.

12 Oktober 2009
YouTube steek 1 miljard video’s per dag verby.

1 Maart 2010
24 uur se video-insetsels word per dag op YouTube gelaai.

Video’s wat die meeste op YouTube gekyk is:

1.  Justin Bieber – Baby ft. Ludacris – 710 483 254

2. Jennifer Lopez – On The Floor ft. Pitbull – 498 536 875

3. Shakira – Waka Waka (This Time for Africa) – 450 432 888

4. Lady Gaga – Bad Romance – 450 218 100

5. Eminem – Love The Way You Lie ft. Rihanna – 436 474 158

6. Charlie bit my finger – again ! – 424 726 009

7. LMFAO – Party Rock Anthem ft. Lauren Bennett, GoonRock – 386 726 855

8. Parto in un letto – 324 131 517

9. Eminem – Not Afraid – 320 208 699

10. Justin Bieber – Never Say Never ft. Jaden Smith – 303 127 847

Die internet en veral YouTube het elke dag ’n uitwerking op die toekoms van die gedrukte media, asook op televisie-uitsendings.  Sommige mense verkies steeds die “harde” koerant of tydskrif in sy/haar hand en ander sal eerder op die bank lê, e-posse lees, tydskrifte deurblaai en vinnig kyk na die snaaksighede wat YouTube bied – op hul iPad of rekenaar.  Gelukkig leef ons nog in ’n wêreld waar ons ’n bietjie van albei wêrelde kan geniet.  Niks keer ons om na ’n snaakse YouTube-video te kyk terwyl ons die koerant in die oggend lees nie

Kyk hier na ’n paar snaakse YouTube video’s:

Evolution of Dance – By Judson Laipply

William Hung se Idols-oudisie

Die snaakste baba-video’s op die internet

Advertisements

3 comments on “YouTube.. Wat is jou storie?

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s