Tegnologie op my verjaarsdaglysie

Oor bietjie meer as ‘n maand word ek 30 jaar oud.  D e r t i g…. toe ek ‘n kind was het dertig stokoud geklink en nou is ek daar.  Wat ek wel weet is dat my hart nog baie kind-wees in hom het so ek is sommer min bang vir die groot drie nul.  My familie het reeds vir my begin vra wat ek graag vir my verjaarsdag sou wou hê – toe stel ek sommer hierdie lysie op (dis sommer net ‘n lawwe lys van fantastiese ‘gadgets’ wat daar is en waarvan ek droom).

Monster Beats Dr Dre Tour:

Hierdie oorfone spook nou al ‘n hele paar maande by my en elke keer as ek by die winkel instap loer die boksie vir my met sulke lang oë…. Dan stap ek baie braaf na die rak toe, haal ‘n boksie af, lees weer die storietjie agter op die boksie, sien weer die prys raak en sit dit dan liefs weer terug op die rak.

Prys: R1 799.99 by Incredible Connection

Canon 5D Mark III:

Die mooiste ding wat Canon nog ooit gemaak het en amper mooier as my nuwe Macbook Air.  Canon spog met hulle nuwe Canon 5D Mark III.  Die outjie is maar baie duur, maar tog so ‘n ongelooflike stukkie tegnologie.  Ek het ‘n jaar terug ‘n trouvideo vir ‘n vriend van my gedoen (kyk hom sommer hier) – en daardie dag elke minuut by die troue gewens ek het Canon se 5D Mark II.

Die ekstra I wat nou op die 5D is, maak hom nou net meer aanloklik!  Prys: $3 500 by Amazon (ek kon nog nie ‘n SA prys vir hom opspoor nie).

iPhone 4 kasset-kassie:

Hierdie baie ‘retro’ kassie vir jou iPhone 4 is al baie lank op my soeklysie.  Ek kan nie help om aan my Storieman-kassette te dink as ek die cool kassie sien nie.

Prys: R40 – R300 by verskeie handelaars en ook hier.

Lego Moleskine notaboek:

‘n Notaboekie het nog altyd ‘n sagteplekkie in my hart en ek het reeds ‘n kas vol, maar soos met skoene, voel ek ‘n mens kan nooit genoeg notaboekies hê nie.  Moleskine se nuwe Lego reeks vat twee van my gunsteling goed saam in een produk.

Prys: $14.93 by Amazon.com – in SA beskikbaar by Loom in Parkhurst.

Oakley Oorfoon-bril:

Ek weet nie eintlik hoekom ek dit wil hê nie, dis nou nie asof ek gaan draf of so iets nie.  Steeds dink ek hierdie bril is ‘n fantastiese uitvindsel en sal baie mooi lyk aan my in my karretjie.

Prys: $108.56 by Oakley.com

Instaprint:

Met Instagram wat fotografie op selfone vir altyd verander het, is dit soms moeilik om al jou foto’s te stoor en jy vergeet ook wat jy al geneem het.  Instaprint is ‘n klein wit boksie wat jou Instagram foto’s uitdruk soos 19toet se ‘polaroid’ foto’s.

Prys: Nog nie bevestig nie – hier beskikbaar.

Londen 2012 videospeletjie:

In 1994 was ek maar 12 jaar oud en ek onthou hoe ek en my maatjie Elizabeth Magic Company toe gegaan het vir net een rede.  Daar was ‘n videospeletjie waar ‘n mens kon atletiek speel.  Daar was omtrent net 2 knoppies en die volgende dag was jy so styf gespeel omdat jy verwoed moes knoppies druk om jou mannetjie te laat vinniger hardloop.  Die Londen 2012 videospeletjie word in Junie bekendgestel en dit lyk baie cool.

Prys: Nog nie vasgestel nie – kyk hier na ‘n video.

Drifta DStv Mobile:

Hierdie lekker dingetjie laat jou toe om DStv op jou iPad, iPhone of laptop te kyk.

Prys: R 549.99 by kalahari.com

Advertisements

One comment on “Tegnologie op my verjaarsdaglysie

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s