Vaders van tegnologie

Vir my… is dit die eerste ding wat ek in die oggend doen en die laaste ding wat ek in die aand doen… Ek tel my iPhone op, kyk wat is nuut op Facebook, lees wat gaan aan op Twitter en natuurlik kyk ek of ek nie dalk ‘n belangrike e-pos gekry het nie.  Twitter, Facebook, e-pos, rekenaars, Windows, Mac en Flickr is deel van my daaglikse lewe.  Elke dag tweet ek, elke dag laai ek ‘n nuwe foto op Facebook of Flickr, ek ry werk toe, werk op my Windows-rekenaar en ry weer later huis toe om musiek te luister of  oor die Internet te seil op my Macbook Air.  Almal deel van gevorderde tegnologie, almal geskep deur baie slim mense en hier is hulle:

Larry Page and Sergey Brin – Google Inc.

Die twee manne is verantwoordelik vir die wêreld se mees effektiewe soekenjin en dit het alles in ‘n vriend se motorhuis begin.

Waarde: Meer as R200 miljard.

David Filo and Jerry Yang – Yahoo! Inc.

As studente van Stanford Universiteit het hulle bloot begin om webwerwe te lys of indeks.  Op die eerste Maart 1995 begin http://www.yahoo.com.

David Filo se netwaarde is R23 miljard en Jerry Yang se netwaarde is R18 miljard.

Bill Gates – Microsoft

William Henry “Bill” Gates III is een van die rykste mense in die wêreld en het saam met Paul Allen die sagteware maatskappy, Microsoft geskep.  Windows 1.0 word op 20 November 1985 bekendgestel.

Bill Gates se netwaarde: R488 miljard.

Steven Paul Jobs – Apple Inc.

24 Februarie 1955 – 5 Oktober 2011

Steven Paul “Steve” Jobs was ‘n Amerikaanse besigheidsman wat beslis my lewe verander het.  Die meester agter Apple en al sy wonderprodukte soos die iPhone, Macbook, iPad en iPod Nano.

Tot voor Steve se dood was sy netwaarde R56 miljard.

Mark Zuckerberg – Facebook

Verantwoordelik vir een van die ongelooflikste sosiale netwerke wat daar ooit sal wees.  Dié seun van ‘n sielkundige en tandarts se netwaarde staan tans op R144 miljard.

http://www.facebook.com/markzuckerberg

Jimmy Wales – Wikipedia

Wikipedia is ‘n gratis ensiklopedie wat deur enige persoon gewysig kan word en daar kan jy omtrent enige iets kry.  Jy kan selfs die diens in Afrikaans gebruik!

Chad Hurley and Steve Chen – YouTube

YouTube is een van die wêreld se grootste videoverskaffers.  Chad het eers by eBay se PayPal gewerk as ontwerper waar hy hul logo ontwerp het.  Saam met Jared Karim en Steve Chen stig hy in 2005 YouTube.

Google koop later YouTube vir amper R13 miljard.

Jack Dorsey – Twitter

Jack Dorsey was een van die sleutelspelers by die ontwikkeling van Twitter.

Advertisements

4 comments on “Vaders van tegnologie

  1. Hedendaagse Vasco Da Gama’s en Bartholomeus Diasse! Oor 100 jaar leer ons kleinkinders van hulle in Geskiedenisboeke!
    Wow dis nou werklik interessant. Dis net dat die getalle met die nulle aan ‘n mens effens siek laat voel op die maag van jaloesie omdat dit nie JY was wat die uitvinder was nie!

  2. ‘n Waardevolle artikel – dit verhoog die leser se tegnologie-begrip.
    Ons is tans besig met die formulering van ‘n oorkoepelende tegnologie-taal wat die verskillende spesialitietsvelde onderskraag. Die doel is die skepping van ‘n geheelbegrip vir tegnologie. As dit binne jou belangstellingveld val stuur ek graag verdere inligting.
    Goeie wense.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s