Top 10 ‘apps’ op my iPad

Ek is nou al ‘n hele rukkie ‘n eienaar van ‘n iPad en is nog net so mal oor hom as wat ek was toe ek hom gekoop het.  Daar gaan nie ‘n dag verby waar ek nie my iPad gebruik nie en ek weet as iemand hom vandag steel, sal ek dadelik ry en een gaan koop met geld wat ek net eenvoudig iewers sal moet uitkrap.

Hier is tien van my gunsteling iPad ‘apps’ of toepassings (dit is blykbaar die Afrikaanse woord).

Flipboard

Flipboard was die heel eerste ding wat ek afgelaai het op my iPad.  Dit vat al die sosiale netwerke en voeg alles saam sodat die inhoud vertoon soos ‘n digitale tydskrif.

Sticky Notes HD

Ek is nog altyd lief vir ‘sticky notes’ en hierdie program is sommer baie lekker om goedjies neer te skryf en te onthou.

Zinio

Vir die wat lief is vir tydskrifte lees, is hierdie die beste uitvindsel ooit.  Die tydskrifte wat hier beskikbaar is goedkoop en so maklik om af te laai.  Al jou gunsteling Afrikaanse tydskrifte is beskikbaar om af te laai.

Sketchbook Pro

Die dag toe ek uitgevind het ek kan op my iPad verf en teken het dit vir my gevoel of ek ‘n pot vol goud ontdek het.  Sketchbook Pro word gemaak deur Autodesk wat bekend is vir hulle sagterware Autocad.  Jy kan kwaste kies en potlode en waterverf en penne. ‘n Moet vir iemand wat daarvan hou om te teken en verf.

Supersport

Al is ek nou nie vreeslik lief vir sport nie, is Supersport se toepassing een van die bestes wat ek al gesien het.

ArtRage

ArtRage is nog ‘n toepassing wat jou toelaat om te verf en te teken.  Ek dink wel Sketchbook Pro is ‘n beter opsie, maar ArtRage het ‘n paar ekstra goedjies wat vir my dit net so bietjie lekkerder maak.  Jy kan byvoorbeeld jou papiertipe kies – so as jy met waterverf wil verf, kan jy eenvoudig net waterverfpapier kies en dit lyk sommer soos ‘n regte egte skildery.

Angry Birds Space

Soos die eerste Angry Birds is Angry Birds Space net so ‘n treffer en eintlik vreeslik pret om te speel.  Die weergawe van Angry Birds is 50 miljoen keer afgelaai in net 30 dae.

Blogshelf II

Blogshelf II is vir die wat lief is daarvoor om ander mense se blogs te volg.  Dit hou al jou blogs bymekaar soos iBooks sodat jy enige tyd kan sien wat is nuut op die blogs wat jy volg.

Pages

Pages is ‘n woordverwerker wat basies werk soos Microsoft se Word.  Dit laat jou toe om binne minute ‘n indrukwekkende dokument bymekaar te sit.  Dit is ‘n duur toepassing, maar dit is die moeite werd!

Snapseed

My lys moes eenvoudig net ‘n toepassing insluit vir foto’s.  Alhoewel ek nie foto’s neem met my iPad nie, laai ek soms my foto’s van my kamera af deur middel van my iPad.  Dit het mooi rame, kleure en filters wat mooi foto’s nog mooier kan laat lyk en selfs lelik foto’s red!

Advertisements

3 comments on “Top 10 ‘apps’ op my iPad

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s