Nadal ‘toetsbestuur’ ‘n nuwe raket

Baie mense dink tegnologie maak mense lui en in sommige gevalle stem ek saam, maar daar is wel gevalle waar tegnologie nou nog my asem wegslaan.  Verlede week het die tennislegende Rafael Nadal Babolat se “play & connect”-tennisraket getoets.  Dié tegnologie laat atlete soos Nadal toe om sy tegniek te ontleed en te verbeter omdat hy nou alles weet van elke hou wat hy op die baan speel.

Die raket versamel inligting soos wat dit beweeg.  Elke afslaan, elke hou, elke beweging word aangeteken en gestoor en kan regstreeks of ná die tyd hersien word.  Dié sagteware sal  spelers en toeskouers presies wys waar ’n speler op die baan beweeg, waar op die raket die bal die meeste getref word (en teen watter spoed) en sal ook die spoed van elke afslaan aandui.

Die rakette sal in 2013 op die mark wees.

Kyk hier na die video waar Nadal die raket vir die eerste keer optel:

Die inligting wat die raket versamel, kan op ‘n rekenaar afgelaai word.

‘n Speler sal nou al die inligting van sy of haar spel kan ontleed.

* Inligting en foto’s: Babolat Play & Connect

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s