DStv Walka in jou hand!

Ek het al ‘n paar keer na die Walka-advertensies op televisie gekyk en gewonder of die dingetjie die moeite werd is.  Alles lyk mos fantasties op die advertensies, todat jy jou geldjies uithaal, die dingetjie koop, opgewonde huis toe ry, die ding aansit en dan besef jy het nou net al jou geld gemors.

Wel ek kan met alle eerlikheid sê die DStv Walka is die moeite werd!  Die week stop iemand toe ‘n splinternuwe DStv Walka in my hand.  Ek is baie opgewonde, maar ook skepties oor of die ding ooit gaan werk en of daar opvangs in my gedeelte van Johannesburg gaan wees… Ek jaag huis toe, druk die ding in die krag dat hy kan laai, spring op die DStv webwerf en 10 minute later speel Discovery op my Walka in my hand!

Ek het gevoel soos ‘n kind wat vir die eerste keer Lego ontdek.  Ek sit met ‘n stukkie tegnologie in my hand wat minder weeg as my selfoon en 15 DStv-kanale kan uitsaai.

Wat is in die boks?

  • DStv Walker
  • USB kabel
  • USB laaier
  • Oorfone
  • Gebruikersgids

Die kanale sluit in:

  • M-Net Series
  • Sony Max
  • Idols
  • Channel O
  • Discovery
  • Supersport Blitz
  • SS1
  • SS2
  • Ss3
  • SS4
  • eNews
  • CNNi
  • Cartoon Network
  • M-Net Mobile
  • Big Brother Africa

Die kwaliteit is onsettend goed, baie beter as wat ek verwag het.  Dis heerlik om in jou bed te lê en kyk as jy nie kan slaap nie – jy sit die oorfone op en niemand in die huis sal eers weet jy kyk televisie nie.  Ek vat hom nou sommer saam werk toe en dit gaan veral handig wees as die Olimpiese Spele begin!

Jy kan die Walka by DStv self koop of op kalahari.com vir R699.  As jy ‘n DStv Premium intekenaar is sal die Walka jou niks ekstra per maand kos nie, maar as jy ‘n gewone intekenaar is sal jy R50 per maand moet betaal vir die gebruik van die Walka.  Besoek http://www.dstvmobile.com vir al die inligting en kyk ook daar of daar opvangs in jou area is.

My pa gaan beslis een kry vir Vadersdag!

Advertisements

5 comments on “DStv Walka in jou hand!

  1. As jy nie ‘n Premium intekenaar is nie en jy betaal jou R50, kry jy dan ook bogenoemde kanale? Want mens kry nie al daai sport kanale op die bouquets nie, so dit kan die Walka net die moeite werd maak!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s