Lego bly bo!

Ek is 30 jaar oud en steeds mal oor Lego.  Ek onthou die dag toe ek my eerste groot stel Lego gekry het vir my derde verjaarsdag.  My ma en pa het langs ‘n klein verwarmertjie gesit om die plaashuisie en petrolstasie vir my te bou – en vir my 30ste verjaarsdag het ek weer Lego gekry, waaroor ek net so opgewonde was as 27 jaar gelede.

Hier is ‘n paar feite oor Lego:

  • Lego bestaan al sedert 1932.
  • Die skepper van Lego, Ole Kirk Christiasen van Denemarke het tydens die depressie-jare so gesukkel met sy timmerbesigheid, dat hy begin het om houtblokkies en speelgoed te maak – later skep hy sy besigheid, Lego.
  • Lego beteken ‘play well’.
  • Die eerste Lego-mannetjies het in 1978 verskyn.
  • Daar word jaarliks 19 biljoen Lego-blokkies gemaak.
  • Slegs 18 uit 1 miljoen Lego-blokkies is foutief.
  • Daar is tans 62 Lego-blokkies vir elke persoon op aarde.
  • 7 Lego-stelletjies word elke sekonde oor die wêreld verkoop.
  • Lego-blokkies wat elke jaar verkoop word, sal vyf keer om die aarde kan gaan.
  • Die wêreld se hoogste Lego-toring is 28.7 meter hoog.

Advertisements

2 comments on “Lego bly bo!

  1. Ek stem 100% saam … Lego bly bo! Ons kinders is nou al drie aan die begin van hulle veertigs. Hulle stelletjie wat ons aangekoop het toe hulle klein-klein was, is steeds hier en die nege kleinkinders van verskillende ouderdomme het en speel steeds heerlik daarmee.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s