Zinio bring ‘n nuwe wêreld

Van kleins af is ek lief vir tydskrifte.  Ek het altyd my gunsteling prente uitgesny en in ‘n plakboek geplak sodat ek weer daarna kon kyk voordat my ma die ou hoop tydskrifte weggooi.  Ek het so ryk gevoel as ek ‘n nuwe tydskrif gekoop het en kon nie vinnig genoeg by die huis kom om dit deur te blaai nie.

Nou, amper 15 jaar sedert my laaste plakboek, kan ek al die tydskrifte wat my hart begeer onder my arm dra danksy Zinio.

Zinio is ‘n toepassing op jou iPad wat jou toelaat om tydskrifte vir jou iPad te koop en af te laai.  Jy sal die meeste van jou gunsteling tydskrifte op die toepassing vind teen ‘n bekostigbare prys.

Die tydskrif Sarie is byvoorbeeld beskikbaar teen R297.60 vir 12 uitgawes of R31.00 vir ‘n enkel-uitgawe.

Alle betalings gebeur met kredietkaart of PayPal.

Besoek za.zinio.com om te kyk watter tydskrifte beskikbaar is.

 

Advertisements

One comment on “Zinio bring ‘n nuwe wêreld

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

w

Connecting to %s